Louis Awerbuck

Kliniese Sielkundige

Adres

Kantoor Nommer 6
Grondvloer
Van Riebeeck Straat 6
Stellenbosch

Telefoon nommer

078 049 2677

Louis Awerbuck

Kliniese Sielkundige

Louis Awerbuck is sedert 1995 ‘n kliniese sielkundige in privaat praktyk. Hy spesialiseer in psigoterapie met volwassenes en verhoudingsmaats, sowel as in sielkundige assessering, regsmediese getuienis en sportsielkunde. Louis het ook met verskeie individuele atlete op provinsiale, nasionale en Olimpiese vlak gewerk, met die doel om hul prestasie te verbeter. By geleentheid tree Louis ook as konsultant op vir korporatiewe maatskappye. rakende leierskapsontwikkeling, veranderingbestuur, en interpersoonlike vaardighede.

Interessante Leesstof

Nuutste Video’s

"Angs word nie veroorsaak deur aan die toekoms te dink nie. Jy ervaar angs omdat jy die toekoms probeer beheer. Angs kan dus afgeleer word."

Louis Awerbuck

"As jy verwag dat jou lewensmaat jou gelukkig moet maak, en gelukkig moet hou, is dit so goed jy het klaar jou tasse opgepak. Geen persoon kan dit van 'n ander persoon verwag nie."

Louis Awerbuck

"As jy sukkel met geestesgesondheid is dit iets wat jy ervaar, nie iets wat jy is nie. Al staan jy in die wind, en ERVAAR die wind, beteken dit nie dat jy die wind is nie"

Louis Awerbuck

"As mens geen rede meer het om in 'n verhouding te bly nie, is dit dan jou rede om die verhouding te verlaat"

Louis Awerbuck

Ek & Jy Verhoudings wat werk

Louis Awerbuck met Lise Swart (2018)

Is jou verhouding met jou maat moeilik? Dit lyk asof ons eenvoudig nie weet hoe om verhoudings te laat werk nie. Hier is ‘n werkbare oplossing. In Ek & Jy, kyk die skrywers nugter na liefdesverhoudings en vriendskappe in hedendaagse tye: hoe dit ontstaan, ons verwagtinge, hoe om tussen korttermyn- en langtermynverhoudings te onderskei, voorwaardes vir suksesvolle verhoudings, konflikhantering en die rol van temperament. ‘n Praktiese gids vir nuwe en bestaande verhoudings sowel as familie of kollegas.

Anderkant uit

Louis Awerbuck met Hanlie Retief & Lise Swart(2015)

In Hanlie Retief se gereelde onderhoude in Rapport oorreed sy gewone en bekende mense om hul harte oop te maak en hul geheime met lesers te deel. Anderkant uit is ‘n versameling onderhoude met daardie mense wat trauma en teëspoed ervaar het – van verslawing, misdaad en siekte tot verlies – en daarin geslaag het om weer op te staan.

Die onderhoude word gevolg deur ‘n kort bespreking oor die impak van trauma op hierdie mense se lewens deur sielkundige Louis Awerbuck en Lise Swart, aanbieders van die radioprogram Wie is ek? op RSG. Ons kan nie kies wat met ons gebeur nie, maar – soos hierdie aangrypende onderhoude wonderlik illustreer – kan ons kies hoe ons reageer op die onverwagte wat oor ons pad kom.

Wie is ek?

Louis Awerbuck met Lise Swart (2014)

Vir eeue het die mens gesukkel met die vraag: “Wie is ek?” In hierdie boek deur Louis Awerbuck en Lise Swart word jy as leser geneem op ‘n reis van verkenning van jouself, jou persoonlikheid en jou menswees.

Die doel van hierdie boek, gebaseer op Louis en Lise se RSG-radioprogram – Wie is ek?, is om mense te bemagtig met kennis sodat hulle hulself en ander beter kan verstaan.

Die drie afdelings van die boek – “Wie is ek?”, “Waarmee sukkel ek?” En “Wat nou?” Is so gerangskik dat die leser stap-vir-stap selfondersoek kan doen. Daar is vraelyste wat onder meer jou voorkeure en persoonlikheid toets, maar kan jou ook help om te bepaal of jy byvoorbeeld aan depressie ly.

Kontak